top of page

Wie is Regardt Pretorius?

- Gebore 18 Mei 1990

- Oorspronklik van Parys, Vrystaat

- Siviele Ingenieur

- Studeer aan Stellenbosch Universiteit

- Droomkar: Ford Mustang

- Lord of the Rings Fan

- Gunsteling kos: Lasagne

​

Biografie

Mark Pretorius is op 17 Desember 1961 aan Minnie en Kassie Pretrorius in Klerksdorp gebore. Mark was 'n entrepreneur, meestal in die boubedryf. Mark het oor die jare vele passies gehad en het 'n groot invloed op Regardt se belangstelling in skaak, rugby, musiek en flieks gehad. Mark is op 8 Feb 2023 oorlede.

​

Corien Malan is op 30 Desember 1964 aan Dot en David Malan gebore. Sy was vir die grootste deel van haar lewe ’n boekhouer en het ook haar eie winkel in Parys "La Vie en Rose" gehad. Corien het 'n passie vir alles wat mooi en vol liefde is.

​

In 1990 word hulle 'n baie lang seuntjie ryker. Regardt woon sedert 2009 in die Kaap en werk tans by HHO in Kaapstad. Regardt het verskeie belangstellings, waaronder rugby, skaak, lees, flieks (goeie flieks) en musiek (goeie musiek). Hy wil ook graag soveel as moontlik ou geboue en kastele sien. Hy was al by die Colloseum, en gaan dit weer besoek.

​​

Tans is sy missie in die lewe om vir Kolletjie te oorreed om ’n German Shorthaired Pointer te kry. Sover gebruik sy logika en reason… so hy verloor die stryd sover.

​​

© 2025 by Handré Hanekom. Powered and secured by Wix

bottom of page