

Wie is Kolletjie Hanekom?
- Gebore 07 Februarie 1989
- Apteker
- Oorspronklik van Moorreesburg
- Studeer BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologie by Stellenbosch Universiteit
- Studeer Aptekerswese by Noordwes Universiteit
- Droomkar: Range Rover Sport
- Harry Potter Fan
- Gunsteling kos: Braaibroodjie
Biografie
Jaco Hanekom is op 31 Desember 1961 aan Hendrik en Lolita Hanekom in Moorreesburg gebore. Oor die jare het Jaco verskeie suksesvolle besighede op die been gebring en meer onlangs is hy ‘n gasteplaaseienaar en absolute braaiverslaafde.
Sharón du Plessis is op 4 Oktober 1964 gebore. In 1984 verhuis sy saam met Lawrence en Helena du Plessis na Moorreesburg nadat Lawrence die apteek op die dorp gekoop het. Sy bring oor die jare saam met Jaco verskeie suksesvolle besighede op die been en saam maak hulle ’n gedugte span. As sy kon, het sy elke diertjie wat 'n huis benodig ingeneem.
Op 7 Februarie 1989 word hulle twee ’n dogtertjie ryker - hoe gelukkig is hulle :)
Kolletjie (eintlik Nicól, maar min mense gebruik haar regte naam en spreek dit in elk geval verkeerd uit) spandeer haar hele skoolloopbaan in Moorreesburg, studeer daarna op Stellenbosch en daarna op Potchefstroom. Haar gunsteling aktiwiteit is om saam met haar gesin oorsee te reis.
Haar missie in die lewe is om vir Regardt te keer om ‘n German Shorthaired Pointer te kry voordat hulle ‘n huis met ‘n groot erf het, want daar moet ook plek vir 5 rescue Jack Russells wees. Sover wen sy met logika en reason.